Alpha Wiskunde
-
Alpha Wiskunde word as 'n agtste vak, na ure, vir Graad 10 tot 12 by die skool aangebied.
Dit word sterk aanbeveel vir enige leerder wat Wiskunde as vak op universiteit gaan neem. -
Alpha Wiskunde is ook 'n keuse verrykingsvak vir Graad 8 en 9.
-
Die vak word nie deur die Departement van Basiese Onderwys erken nie, maar voldoen wel aan die IEB sillabus.
-
Onderwerpe wat gedek word is:​​
-
Absolute waardes​
-
Parsiële breuke
-
Matrikse
-
Calculus
-
Integrasie
-
Wiskundige induksie
-
Binominaalstelling
-
Analise
-
Radiaalmaat
-
​
-
Ideale oorbrugging tussen skool- en universiteits Wiskunde
Beeld
25 Januarie 2020
Bianca Nieuwoudt
Matriek 2018
Adriaan de Clercq en Robbie Greyling
Matriek 2015
Prestasies
Alpha Wisunde​ - Top Tien Landswyd
Nian Vorster
2017
Tweede - 99%
Nian studeer BSc Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria
Adriaan de Clercq
2016
Tweede - 98%
Adriaan is tans 'n BSc Wiskunde tweede jaar student aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ook die topstudent in die fakulteit Natuurwetenskappe vir 2017
Johannes Conradie
2017
Tweede - 99%
Johannes studeer B.Ing Siviele Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria
Marnu van der Merwe
2015
Tweede - 99%
Marnu studeer tans BSc Computing Software Engineering by Belgium Campus.
Hy was albei vorige jare onder die top drie van die kursus.
​
Hilde Strauss
2008
Eerste - 99%
​
Hilde het in 2008 by Hoërskool Zwartkop gematrikuleer met 10 onderskeidings. Sy het ‘n gemiddeld van 99% vir Alpha Wiskunde en 100% vir Wiskunde en Addisionele Wiskunde uitgemerk. Sy was die top matriek in Gauteng. Hilde het BComm Aktuariële Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en haar Honneurs gedoen. Sy is tans ‘n gekwalifiseerde Aktuaris en werk as ‘n Aktuariële Konsultant vir EY in Sandton