top of page

Tegniese Wiskunde

  • Die doel van Tegniese Wiskunde is om die wetenskap van Wiskunde op die tegniese veld toe te pas met die klem op toepassing en nie op abstrakte idees nie. Leerders word toegerus met wiskundige kennis nodig vir 'n Tegno-akademiese studierigting.
     

  • Indien 'n leerder 50% vir Wiskunde in graad 11 behaal, kan hy/sy nou ook Tegniese Wiskunde in graad 12 neem.
     

  • Tans bied dit nie universiteitstoelating nie, maar leerders kan wel ná Graad 12 by VOO-kolleges met intreevlak N4 gaan studeer.
     

  • Onderwerpe uniek aan Tegniese Wiskunde is:

    • Binêre getalle 

    • Komplekse getalle​

    • Integrasie

    • Radiaalmaat

    • Ellips

    • Midordinaatreël

bottom of page