top of page

Wiskunde

In hierdie linkerbreingeoriënteerde vak gaan dit vir ons oor heelbreinonderrig en
-ontwikkeling. Ons wil graag die angs uit Wiskunde haal en die wonderlike belewenis van probleemoplossing en selfontdekking terugsit, iets wat beslis met die volgehoue ywer van die leerder binne elke kind se bereik is.

'n Liefde vir die vak, sowel as 'n positiewe werksetiek, word doelbewus gekweek.

Wiskunde Kleingroeponderrig

  • Opsionele keuse vir Graad 10 tot 12 Wiskunde-leerders

  • Klasgrootte: maksimum 18 leerders in 4 klasse per graad

  • Keuring is egter noodsaaklik

  • Onderrig sluit weeklikse ekstra klasse, sowel as voor toetse en eksamens, in.

  • Die grootste voordeel is egter dat die leerders aan 'n groot verskeidenheid oefeninge, verrykende onderrig en vinnige opvolg blootgestel word. Probleme word vinnig geïdentifiseer en leerders kry dus maksimale blootstelling aan die leerinhoud.

DSC_0827.JPG
DSC_0829.JPG
bottom of page